Who Sang Rina? NuL

Release information
Release Date: 2007
Een Maandagmore voor die dag begin
Voor die winkels oopsluit voor die mense begin maal
Het Rina Venter se laaste moer gestrip
Het sy die bloue Draak bloots opgesaal
Dag na dag het sy die till beman
In die grou vuil Checkers in die middel van die stad
Maar vandag is dit anders, vandag wragtag nie
Dinge stop finaal as die derms spat

'n Sekonde voor tien, net toe die teewater kook
Maak die grusame skakelaar die dooie kontak
En Checkers word gevul met beton, bloed en rook
'n Stuk vleis val dof in die groenterak
En Rina se gemoed skiet uiteindelik vol
As die snelle vlamme slo-mo uit haar mandjie skiet
Haar sag omarm, soos 'n man lank terug
En sy haar oorgee aan die hitte, in haar laaste minuut

Rina, Rina, wat het jy gemaak? [X4]
Rina, Rina, wat het jy gemaak? [X4]
Jy't jou woede oor almal uitgebraak.

Rina, Rina, wat het jy gemaak? [X4]
Jy't jou woede oor almal uitgebraak.

Tracklist
  • 1 Online Superstar
  • 2 Vrees
  • 3 Swart
  • 4 Pyn
  • 5 Kokainekop Kosie
  • 6 Kaper
  • 7 Rina
  • 8 Kontaminasie
  • 9 Gerome Djimbovsky
  • 10 Hardcore Rina
  • 11 Utopia